Click
here for
English

Kokoriba - Pool

TUISBLAD

Geagte Gas

Kokoriba Wildreservaat en Gesinsvakansieoord bied u ʼn unieke Bosveld-avontuur wat reeds by duisende Suid-Afrikaners bekend en geliefd is. Kokoriba is die antwoord: of u nou wil kampeer, voetslaan of sommer net vir ʼn naweek in een van ons bekoorlike lugversorgde selfsorg-chalets wil wegbreek.

Kokoriba is ideaal en gerieflik geleë vir mense wat wil wegkom van die stad se gewoel. Ons is slegs 38 km van Brits, 68 km van Sun City, 54 km van Rustenburg en 120 km van Pretoria – u kan dus ʼn welverdiende vakansie of wegbreeknaweek geniet sonder om te ver te ry.

Kokoriba se Makoro Basis is ideaal vir groepsfunksies.

Hier is ʼn groot verskeidenheid natuurlewe en hierdie deel van die Bosveld is bekend om sy ryk voëllewe, met meer as 300 aangetekende spesies.

Kokoriba beskik oor 3 swembaddens: 2 met verhitte water waarvan een binnenshuis is.  Daar is ook ʼn à la carte-restaurant, ʼn gelisensieerde kroeg en ʼn minisupermark, plus talle ander aktiwiteite vir die gesin soos minigholf , potspel, tafeltennis, pylgooi, voetslaan en wildkyk, om net ʼn paar te noem.

Kom geniet ons hartlike gasvryheid en puik diens vir ʼn onvergeetlike Bosveld-ervaring.

BESPREEK NOU!!!

©KOKORIBA

GEEN TROETELDIERE / DIERE WORD TOEGELAAT IN DIE RESERVAAT

Weather Forecast | Weather Maps | Weather Radar | Hurricane Center

© 2012 | Maintained By CaravanParks.com | Admin Login